Hoe om jou baba te kies

Waarna om te kyk as jy n baba yorkie koop:
Besluit watter groote hondjie jy soek as hy uitgegroei is, n reuntjie of n tefie. Ek het in n vorige post die verskille tussen die 2 genoem wat n goeie indikasie is.
Onthou dis jou geld en jy soek waarde daarvoor!
Vermy telers wat n baba vroeër as 8 weke minimum wil verkoop🙏
Baba moet ten minste sy 1 ste spuit reeds gehad het en op 8 weke reeds 4 x ontwurm gewees het, 1 ste spuit mag nie ouer as 4 weke wees nie ek verkies om babas elke 3 weke te spuit tot hulle klaar en op datum is agv parvo wat regtig hoogty vier.
Vra gereelde videos van baba dit spreek beter as n foto!
Wil jy n playfull of n rustige baba hê? elke teler moet haar babas ken en weet.
Kry fotos van mamma, pappa en indien nodig sommer ouma en oupa ook.
Peper jou teler met vrae dis jou reg!
Moet nooit n baba langs n pad ontvang nie tensy jy jou teler ken en weet wat jy koop.
Vermy back yard breeders glo my hulle teel nie op standaard nie! hulle is nie geregistreer nie en tree nie eties op nie.
Vra dokumentasie aan om seker te maak boetie is nie op sussie gesit nie😭😭
Daar is redelik heelwat navrae oor teacups mense wees versigtig vir daai kleine dingetjie hulle moet spesiale mammas kry wat nie werk nie en 24/7 aandag aan hulle kan gee. Hulle bloedsuiker val vinnig en dood kan intree. Daar is n paar van hulle wat ouer as 5 jr word hulle kry trachea collapse. Indien jy ooit n teacup koop, koop hom by n teler wat jou baie mooi inlig hoe om hulle te hanteer en te voed, dis goedjies wat min eet maar meer gereeld.
Indien jy tevrede is met wat jy sien en hoor en jy gaan jou baba haal kuier maar n rukkie en kyk hoe interakt jou baba met jou asook die ander pups as daar nog is.
Dring aan op n volledige veearts ondersoek wat afgeteken is deur hulle.
Maak seker jou vetkaart is op datum.
Jou teler moet vir jou n info file gee asook n starter pack, maak voor die tyd seker watse kossies eet baba dat jy dieselfde kan gaan of dalk beter.
Indien jy nie die protokol volg nie kan dit jou duur te staan kom aan veearts kostes. JOU GELD JY SOEK N GESONDE BABA!!
Maak doodseker (voel) indien jy n reuntjie koop daar is 2 testikels. Testikels wat nie sak nie veroorsaak kanker en dis n duur operasie om daai outjie te gaan soek wanneer hy reggemaak word.
Ruik in jou baba se ore dit moenie suur ryk nie dan is daar fout! Moenie sleg voel om n flits te vra en daai oortjies te beloer nie.
Kyk na jou baba se byt op sy tandjies is dit n under of overbite tandjies moet mooi opmekaar wees.
Pollie, tollie en parrie moet mooi skoon geskeer wees.
Oortjies moet regop staan en haartjies moet geskeer wees binne en buite oortjie.
Haartjies moet uit oorkanaal gepluk wees.
Toonnaeltjies moet mooi kort wees.
Kyk of ogies dra.
Dring aan om mamma en pappa te sien asook as daar kennels is gaan kyk hoe dit daar lyk.
As jy deur alles hier werk en jy koop dan koop jy reg. Ek sal op n latere post inligting gee oor die versorging van n yorkie. 🤗🤗

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Powered by Wordpress. Redesign Theme by RT