UIT DIE HART VAN N YORKIE

Ek soek n familie wat my nie versaak nie.
Ek is deel van jou huishouding, as ek nie toegelaat word by sekere vakansieplekke nie soek asb n plekkie waar ek mag saamgaan🙏
Ek was baie gelukkig in my ouma se huis daarom moet jy vir my beter kan bied😁
Moenie vir my kos gee wat ongesond is nie al hou ek daarvan dit kan my baie siek maak🤮
Ek mag jou bind op naweke daarom dink asb mooi nuwe mamma sien jy kans vir my?😱
Ek is n besige bytjie wat baie wil speel en is verslaaf aan aandag😂
Ek weet ek pottytrain moeilik🙈sien jy kans vir die uitdaging😳
Moet asb nie dat klein kindertjies my optel nie as ek val kan ek doodgaan😭😭
Ek mag nie buite slaap nie dis koud en wreed😭😭
Hou my asb parasiet vry dit kan my baie siek mask en last doodgaan😭
Moet asb nie met my rondry tot 3 weke na my laaste spuit nie, daar is baie goggas daar buite wat my baie siek kan maak soos katgriep⛑
Ek hou daarvan om aan plantjies en stokkies te kou maak asb seker wat is veilig en wat nie vir my🙏
Moenie met my baklei as ek gaatjies grou nie dis dan so lekker😁
Belowe asb om my vir elke spuit te vat om my gesondheid te virseker al is dit eina vir my🙏
Jy wil soms n middag nappie vang dan is ek nie moeg nie speel is baie lekkerder⚽️
Ek is eintlik n vreeslike slim kreatuurtjie leer my trieks dan sal ek jou ure se vermaak verskaf🤣
Dit was regtig baie lekker by my ouma se huis! sien jy kans vir my?
ASB indien jy nie positief is op al die punte nie los my asb by my ouma waar ek veilig en gelukkig is🙏
Ek wil nie in n koue hok land by n shelter of SPCA nie🙏🙏Ek is altyd oulik nie net as ek klein is nie❤️❤️

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Powered by Wordpress. Redesign Theme by RT